Verniet Persoonlikheids Vraelys

Persoonlikheidsvraelys – Ontdek Jou Dominante Eienskap

1 / 25

Kies DOELGERIG as jy totaal gefokus is op doelwitte. Kies NOUGESET as jy baie deeglik, presies en aandag aan detail skenk. Kies OORREDEND as jy sorg dat mense saam met jou stem. Kies LOJAAL as jy bereid is om te ondersteun; te werk vir, of 'n vriend is vir iemand, selfs in moeilike tye.

2 / 25

Kies VASBERADE as jy nie bereid is om toe te laat dat enigiets jou verhoed om te doen wat jy besluit het nie. Kies RASIONEEL as alles gebasseer moet wees op beproefde of getoetsde redenasies. Kies MENSGEORlËNTEERD as jy totaal gefokus is om verhoudinge te bou en in stand te hou. Kies SPONTAAN as jou optrede natuurlik en vriendelik is, sonder om bekommerd te wees oor dit wat ander dink.

3 / 25

Kies KREATIEF as jy is in staat is om te skep, dinge uit te vind en 'n sterk verbeelding openbaar. Kies STIPTELIK as jy take betyds voltooi en nooit te vroeg of laat vir afsprake is nie. Kies SISTEMATIES as jy werk volgens 'n metode of 'n sisteem. Kies PLIGSGETROU as jy doen wat van jou verwag word.

4 / 25

Kies MOTIVEERDER as jy ander kan stimuleer en aanspoor om die ekstra myl te loop. Kies BEKWAAM as jy produktief kan wees met min inspanning; of as jy effektief werk. Kies VERSIGTIG as jy probleme en gevare probeer vermy. Kies SIMPATIEK as jy ander se gevoellens in ag neem.

5 / 25

Kies HARDKOPPIG as jy nie bereid is om jou mening of dit wat jy glo en dink te verander nie. Kies AANPASBAAR as jy jou gedrag verander om maklik nuwe situasies te kan hanteer. Kies GEORGANISEERD as jy dinge in 'n ordelike manier hanteer. Kies VRYGEWIG as dat jy vrylik gee.

6 / 25

Kies EMPATIE as jy goed is vir iemand wat 'n probleem het en gewillig sal wees om te verstaan hoe die persoon voeI. Kies SKAAM as jy selfbewus is of ongemaklik voel in geselskap. Kies NEEM RISIKO's as jy dinge doen waar daar 'n kans of moontlikheid van verlies of negatiewe gevolge is. Kies SELFSTANDIG as jy vertroue in jou eie vermoeens het.

7 / 25

Kies PERFEKSIONIS as jy probeer om alles perfek te doen. Kies SAMEWERKEND as jy maklik saam met ander werk. Kies NEEM LEIDING as jy onafhanklik besluit wat en wanneer iets gedoen word. Kies VISIE as jy dink, beplan en 'n beeld van die toekoms kan vorm.

8 / 25

Kies HARTELOOS as jy geen medelye het met of deernis vir ander ervaar nie. Kies OOP GEMOED as jy gewilig is om nuwe idees te oorweeg. Kies MEDEDEELSAAM as jy gewillig is om iets met ander te deel. Kies ORDELIK as jy werk volgens 'n sisteem of 'n metode.

9 / 25

Kies OPTIMIS as jy hoopvol oor die toekoms is. Kies GEWILLIG as jy dit doen wat iemand jou vra om te doen. Kies ONGEDULDIG as jy ge irriteerd is omdat iets nie vinnig genoeg gebeur nie. Kies SELFGEDISSIPLINEERD as jy jou eie emosies en gedrag goed kan beheer.

10 / 25

Kies ONVERDRAAGSAAM as jy onwillig en nie bereid is om gedrag, oortuigings en menings wat van joune verskil, te aanvaar nie. Kies BEVOEG as jy beskik oor die nodige kennis, vaardighede of gesag. Kies SORGELOOS as jy ontspanne en kalm is. Kies BUIGBAAR as jy aanpas by omstandighede.

11 / 25

Kies PRESIES as jy baie deeglik aandag gee aan detail. Kies BETROUBAAR as mense op jou kan staat maak. Kies VERMY ROETINE as jy dit vermy om dinge op die gewone manier of in 'n vaste orde te doen. Kies OUTOKRATIES as jy ander vertel wat om te doen sonder dat jy omgee wat hulle dink.

12 / 25

Kies SAAMSTEM as jy almal tevrede wil stel deur vrywillig saam te stem om konflik te vermy. Kies DIPLOMATIES as jy taktvol is. Kies IMPULSIEF as jy dinge doen sonder om aan die resultate of gevolge te dink. Kies RESULTAAT GERIG as jy totaal gefokus is op jou doelwit-bereiking.

13 / 25

Kies AFHANKLIK as jy staatmaak op ander vir ondersteuning. Kies VOLHARDEND as jy nie afwyk van 'n bepaalde rigting nie, ten spyte van probleme en besware. Kies DEEGLIK as jy dinge sorgvuldig en volledig doen. Kies OOR-REAGEER as jy sterker reageer as wat geregverdig is.

14 / 25

Kies INSKIKLIK as jy saamstem met die groep en werk volgens reels en regulasies. Kies IDEALISTIES as jy vas glo in iets wat goed is, maar wat waarskynlik onmoontlik is om te bereik. Kies BESLIS as jy besluite vinnig en met selfvertroue neem. Kies RIGIED as jy nie maklik verander nie.

15 / 25

Kies FOUTVINDERIG as jy altyd foute soek en gereed is om te kritiseer. Kies STIMULEREND as jy daarvan hou om mense aan te spoor. Kies OORSENSITIEF as jy maklik beledig of emosioneel seergemaak voel. Kies ONBUIGBAAR as jy nie bereid is om jou mening of dit wat jy dink te verander nie.

16 / 25

Kies AGTERDOGTIG as jy niemand vertrou nie. Kies VERMY KONFLIK as jy eerder sal saamstem, al verskil jy ook, om konfrontasie te vermy. Kies ONVERANDERLIK as jy nie deur enigiets of enigiemand beïnvloed word nie. Kies DRAMATIES as jou gedrag opwindend of onverwags is.

17 / 25

Kies UITGAANDE as jy vriendelik is en die geselskap van ander mense geniet. Kies PESSIMISTIES as jy altyd die negatiewe en donker kant in alles sien. Kies GAAF as jy sag en vriendelik teenoor ander mense is. Kies ONSENSITIEF as jy ander se gevoellens ignoreer.

18 / 25

Kies ONAFHANKLIK as jy nie afhanklik van ander mense is nie. Kies FYNGEVOELIG as jy maklik ontstel word, selfs deur onskuldige opmerkings. Kies SOSIAAL as jy dit geniet om in ander se geselskap te wees. Kies AANTREKLIK as jy smaakvol in voorkoms is of 'n innemende gedrag het.

19 / 25

Kies LIGGERAAK as jou gevoellens en emosies maklik wakker gemaak word. Kies PRAKTIES as jy aandag gee aan praktyk eerder as aan teorie. Kies UITSTEL as jy uitstel om iets te doen. Kies OMGEE as jy aandag aan ander se behoeftes gee.

20 / 25

Kies EGOSENTRIES as jou gedagtes selfgerig is en op jou eie belange. Kies GEDISSIPLINEERD as jy goed kan organiseer en reëls en standaarde kan volg. Kies HUMMEURIG as jy maklik kwaad word. Kies DOMINEREND as jy 'n bevelende invloed oor ander het.

21 / 25

Kies KONSEKWENT as jy nie maklik verander van gedrag en houdings nie; jou gedrag is voorspelbaar. Kies VOLHARDEND as jy mense in 'n sekere rigting dwing. Kies MANIPULEREND as jy invloed gebruik om mense te bestuur sodat hulle reageer en dink volgens jou behoeftes. Kies TOEGEWYD as jy hartlik is teenoor mense.

22 / 25

Kies INTELLIGENT as jy vinnig van begrip is. Kies SPRAAKSAAM as jy baie praat. Kies AANGENAAM as jy vriendelik is en korrek optree in sosiale situasies. Kies MOEILIK as dit moeilik vir jou is om jou gedrag, houdings en menings te verander.

23 / 25

Kies KOMPETEREND as jy probeer om meer suksesvol as ander te wees. Kies INTUÏSIE as jy reageer op die ingewing van die oomblik. Kies MIN DRYFKRAG as jy min begeerte het om iets te bereik. Kies PROBLEEMOPLOSSING as jy daarvan hou om oplossings vir moëilike probleme te vind.

24 / 25

VRIENDELIK is 'n kenmerk onder vriende. Kies AANHITSER as jy mense oorreed om iets te doen waaraan jy self nie noodwendig aktief deelneem nie. Kies HOë STANDAARDE as jy hoë eise waaraan ander moet voldoen stel of waarteen hul beoordeel word. Kies BEHEER as jy ander se gedrag bestuur.

25 / 25

Kies ONDERSTEUNEND as jy hulpvaardig en simpatiek is. Kies DOENER as jy iemand is wat aktief werk om doelwitte te bereik. Kies ANALIS as jy dinge uitmekaar trek om te ondersoek en te verstaan. Kies ENTOESIASTIES as jy belang stel in dinge wat jou opgewonde maak.

0%

error: Content is protected !!